Psalms 7:1-17

  • Jehovah, ’n regverdige Regter

    • “Oordeel my, o Jehovah” (8)

’n Treurlied van Dawid wat hy vir Jehovah gesing het oor die woorde van Kus, die Benjaminiet. 7  O Jehovah my God, ek het by u beskerming kom soek.+ Red my van almal wat my vervolg.+   Anders sal hulle my verskeur soos ’n leeu+en my wegdra met niemand om my te red nie.   O Jehovah my God, as ek enigiets verkeerds gedoen het,as ek onregverdig opgetree het,   as ek die een wat goed is vir my, ’n onreg aangedoen het,+of as ek my vyand sonder rede beroof het,*   laat ’n vyand my dan agternasit en inhaal. Laat hy my lewe in die grond intrapen my heerlikheid in die stof laat verdwyn. (Sela)   Staan op in u woede, o Jehovah. Staan op teen die woede van my vyande.+ Staan op om my te help en beveel dat geregtigheid uitgevoer word.+   Laat die nasies u omsingel,en u sal vanuit die hoogte teen hulle optree.   Jehovah sal die volke vonnis.+ Oordeel my, o Jehovah, volgens my regverdigheiden volgens my integriteit.*+   Maak asseblief ’n einde aan die slegte dade van die goddeloses. Maar maak die regverdige standvastig,+want u is die regverdige God+ wat die hart+ en die diepste emosies ondersoek.*+ 10  God is my skild,+ die Redder van die opregtes van hart.+ 11  God is ’n regverdige Regter,+en God verkondig sy oordele* elke dag. 12  As iemand nie berou toon nie,+ maak Hy sy swaard skerp,+hy span sy boog en maak dit gereed.+ 13  Hy berei sy dodelike wapens voor. Hy maak sy vlammende pyle gereed.+ 14  Kyk na die een wat swanger is met goddeloosheid. Hy is swanger met moeilikheid en gee geboorte aan leuens.+ 15  Hy grawe ’n gat en maak dit diep,maar hy val in die einste gat wat hy gegrawe het.+ 16  Die moeilikheid wat hy veroorsaak, sal op sy eie kop terugkom.+ Sy geweld sal op die kroon van sy kop neerkom. 17  Ek sal Jehovah loof vir sy geregtigheid.+ Ek sal liedere sing* om die naam van Jehovah, die Allerhoogste,+ te loof.+

Voetnote

Of moontlik “terwyl ek die een gespaar het wat my sonder rede teëgestaan het”.
Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.
Of “wat die hart en die niere toets”.
Of “slinger veroordelings”.
Of “musiek maak”.