Psalms 74:1-23
’n Maskil.* Van Asaf.+
74 Hoekom, o God, het u ons vir ewig verwerp?+
Hoekom brand* u woede teen die skape van u weiding?+
2 Dink aan die volk* wat u lank gelede uitgekies het,+die stam wat u as u erfdeel losgekoop het.+
Onthou die berg Sion, waar u gewoon het.+
3 Rig u aandag* op die plekke wat geheel en al verwoes is.+
Die vyand het alles in die heiligdom vernietig.+
4 U vyande het in u vergaderplek gebrul.+
Hulle het hulle eie baniere daar as tekens opgerig.
5 Hulle was soos manne wat byle swaai in ’n digte woud.
6 Hulle het al die graverings daarvan+ met byle en ysterpale stukkend geslaan.
7 Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek.+
Hulle het die tabernakel wat u naam dra, ontheilig deur dit tot op die grond af te breek.
8 Hulle en hulle nageslag het in hulle hart gesê:
“Al die plekke in die land waar God aanbid word,* moet verbrand word.”
9 Daar is geen tekens wat ons kan sien nie.
Daar is nie meer ’n profeet nie,en niemand onder ons weet hoe lank dit so sal wees nie.
10 Hoe lank, o God, sal die teenstander u bly uittart?+
Sal die vyand u naam vir ewig sonder respek behandel?+
11 Hoekom hou u u hand, u regterhand, terug?+
Haal dit uit die voue van u kleed* en maak ’n einde aan hulle.
12 Maar God is van lank gelede af my Koning,die Een wat reddingsdade op die aarde verrig.+
13 U het die see onstuimig gemaak met u krag.+
U het die koppe van die seemonsters in die waters stukkend gebreek.
14 U het die koppe van die Leviaʹtan* stukkend gebreek.
U het dit as voedsel vir die volk gegee, vir dié wat in die woestyne woon.
15 U het openinge gemaak vir die fonteine en die strome.+
U het riviere wat altyd vloei, laat opdroog.+
16 Die dag behoort aan u, sowel as die nag.
U het die lig en die son gemaak.+
17 U het al die grense van die aarde vasgestel.+
U het die somer en die winter gemaak.+
18 Dink aan hoe die vyand u uittart, o Jehovah,hoe ’n dwase volk u naam sonder respek behandel.+
19 Moenie die lewe van u tortelduif aan die wilde diere gee nie.
Moenie die lewe van u hulpelose volk vir ewig vergeet nie.
20 Dink aan die verbond,want die donker plekke van die aarde het die broeiplekke van geweld geword.
21 Mag die een wat onderdruk is, nie teleurgesteld weggaan nie.+
Mag die hulpelose en die arme u naam loof.+
22 Staan op, o God, en verdedig u regsaak.
Dink aan hoe die dwase u die hele dag lank uittart.+
23 Moenie vergeet wat u vyande sê nie.
Die geraas van dié wat u uittart, styg die hele tyd op.
Voetnote
^ Lett. “rook”.
^ Lett. “u vergadering”.
^ Lett. “voetstappe”.
^ Of “Al die vergaderplekke van God in die land”.
^ Of “Haal dit uit u boesem”.