Psalms 75:1-10

  • God oordeel met regverdigheid

    • Goddeloses sal uit Jehovah se beker drink (8)

Vir die musiekleier. Op die wysie van “Moenie vernietig nie”. Van Asaf.+ ’n Lied. 75  Ons dank u, o God, ons dank u. U naam is naby,+en mense verkondig u wonderlike werke.   U sê: “Wanneer ek ’n tyd vasstel,oordeel ek met regverdigheid.   Toe die aarde en al sy inwoners gebewe* het,het ek sy pilare stewig gehou.” (Sela)   Ek sê vir die grootpraters: “Moenie grootpraat nie,”en vir die goddeloses: “Moenie spog oor julle krag* nie.   Moenie spog dat julle so sterk is nie*of hoogmoedig praat nie.   Want heerlikheid kom nieuit die ooste of die weste of die suide nie.   Want God is die Regter.+ Hy verneder die een en verheerlik die ander.+   Want daar is ’n beker in Jehovah se hand.+ Die wyn skuim en is goed gemeng. Hy sal dit beslis uitgooi,en al die goddeloses van die aarde sal tot die laaste druppel opdrink.”+   Maar wat my betref, ek sal dit vir ewig verkondig. Ek sal lofliedere sing* vir die God van Jakob. 10  Want hy sê: “Ek sal ’n einde maak aan al die krag* van die goddeloses,maar die krag* van die regverdiges sal verheerlik word.”

Voetnote

Lett. “gesmelt”.
Lett. “horing”.
Lett. “Moenie ’n horing oplig nie”.
Of “musiek maak”.
Lett. “horings”.
Lett. “horings”.