Psalms 76:1-12

  • God se oorwinning oor Sion se vyande

    • God red nederiges (9)

    • Trotse vyande sal verneder word (12)

Vir die musiekleier: Moet met snaarinstrumente begelei word. ’n Melodie van Asaf.+ ’n Lied. 76  God is bekend in Juda.+ Sy naam is groot in Israel.+   Sy skuilplek is in Salem,+en sy woonplek is in Sion.+   Daar het hy die vlammende pyle van die boog gebreek,die skild en die swaard en die oorlogswapens.+ (Sela)   U skyn helder. U heerlikheid is groter as die berge vol prooi.   Die dapper manne is gestroop.+ Hulle het aan die slaap geraak. Die vegters was almal hulpeloos.+   As gevolg van u straf, o God van Jakob,het die strydwa se drywer sowel as die perd vas aan die slaap geraak.+   U alleen is ontsagwekkend.+ Wie kan u intense woede weerstaan?+   Vanuit die hemel het u die oordeel uitgespreek.+ Die aarde was bang en het stilgebly+   toe God opgestaan het om te oordeel en te straf,om al die nederiges van die aarde te red.+ (Sela) 10  Want die woede van die mens sal daartoe lei dat u geprys word.+ Met die res van hulle woede sal u uself versier. 11  Maak julle geloftes aan Jehovah julle God, en kom dit na,+laat almal om hom hulle geskenk met vrees bring.+ 12  Hy sal die trots* van leiers verneder. Hy vervul die konings van die aarde met vrees.

Voetnote

Lett. “gees”.