Psalms 8:1-9

  • God se heerlikheid; mens se waardigheid

    • “Hoe groot is u naam tog!” (1, 9)

    • “Wat is die sterflike mens dat u aan hom dink?” (4)

    • Mens met prag gekroon (5)

Vir die musiekleier: Op die Gittit.* ’n Melodie van Dawid. 8  O Jehovah ons Here, hoe groot is u naam tog regoor die aarde,u het u heerlikheid selfs hoër as die hemel gestel!*+   Uit die mond van kinders en kleuters+ het u u krag gevestigas gevolg van u teenstanders,om die vyand en die een wat wraak neem, stil te maak.   Wanneer ek u hemel sien, die werke van u vingers,die maan en die sterre wat u gemaak het,+   wat is die sterflike mens dat u aan hom dink,en ’n mensekind dat u vir hom sorg?+   U het hom ’n bietjie laer as goddelike wesens* gemaak,en u het hom met heerlikheid en prag gekroon.   U laat hom oor die werke van u hande regeer.+ U het alles onder sy voete geplaas:   Al die kuddes en beeste,sowel as die wilde diere,*+   die voëls van die hemel en die visse van die see,enigiets wat deur die paaie van die seë gaan.   O Jehovah ons Here, hoe groot is u naam tog regoor die aarde!

Voetnote

Of moontlik “u wie se heerlikheid bo die hemel bekend gemaak word!”
Of “as engele”.
Lett. “die diere van die veld”.