Psalms 82:1-8
’n Melodie van Asaf.+
82 God neem sy plek in by sy vergadering.*+
Tussen die gode* spreek hy sy oordeel uit:+
2 “Hoe lank sal julle aanhou om onregverdig te oordeel+en die goddeloses se kant te kies?+ (Sela)
3 Verdedig* die hulpeloses en die weeskinders.+
Gee geregtigheid aan dié wat magteloos is en dié wat behoeftig is.+
4 Bevry die hulpeloses en die armes.
Red hulle uit die hand van die goddeloses.”
5 Hulle weet nie, en hulle verstaan ook nie.+
Hulle loop in duisternis rond.
Al die fondamente van die aarde word geskud.+
6 “Ek het gesê: ‘Julle is gode.*+
Julle almal is seuns van die Allerhoogste.
7 Maar julle sal sterf net soos mense,+en soos enige ander prins sal julle val!’”+
8 Staan op, o God, en oordeel die aarde,+want al die nasies behoort aan u.
Voetnote
^ Of “by die vergadering van die Goddelike Wese”.
^ Of “dié wat soos gode is”.
^ Of “Oordeel”.
^ Of “soos gode”.