Psalms 87:1-7

  • Sion, stad van ware God

    • Dié wat in Sion gebore is (4-6)

Van die seuns van Korag.+ ’n Melodie. ’n Lied. 87  Sy stad se fondament is op die heilige berge.+   Jehovah het die poorte van Sion meer lief+as al die tente van Jakob.   Glorieryke dinge word van jou gesê, o stad van die ware God.+ (Sela)   Ek sal Rahab+ en Babilon noem onder dié wat my ken.* Kyk, Filisteʹa en Tirus, saam met Kus. Hulle sal beskou word as dié wat daar gebore is.   En van Sion sal daar gesê word: “Elkeen is in haar gebore.” En die Allerhoogste sal haar stewig vestig.   Wanneer Jehovah die volke opteken, sal hy skryf: “Hierdie een is daar gebore.” (Sela)   Sangers+ en dié wat sirkeldanse+ doen, sal sê: “Al my fonteine is in jou.”*+

Voetnote

Of “erken”.
Of “Jy is vir my die bron van alles”.