Psalms 98:1-9
-
Jehovah, Redder en regverdige Regter
-
Jehovah se redding bekend gemaak (2, 3)
-
’n Melodie.
98 Sing vir Jehovah ’n nuwe lied,+want hy het wonderlike dinge gedoen.+
Sy regterhand, sy heilige arm, het gered.*+
2 Jehovah het sy redding+ bekend gemaak.
Hy het sy regverdigheid voor die nasies geopenbaar.+
3 Hy het gedink aan sy lojale liefde en sy getrouheid aan die huis van Israel.+
Al die eindes van die aarde het die redding deur* ons God gesien.+
4 Roep van vreugde uit tot Jehovah, almal op die aarde.
Wees vrolik en roep van vreugde uit en sing lofliedere.*+
5 Sing lofliedere* vir Jehovah terwyl daar op die harp gespeel word,terwyl daar op die harp gespeel en gesing word.
6 Roep van vreugde uit voor die Koning, Jehovah,+met die trompette en die geluid van die horing.
7 Laat die see en alles daarin dreun,die aarde* en dié wat daarop woon.
8 Laat die riviere hulle hande klap.
Laat die berge saam van vreugde uitroep+
9 voor Jehovah, want hy kom* om die aarde te oordeel.
Hy sal die bewoonde aarde* met regverdigheid oordeel,+en die volke met geregtigheid.+
Voetnote
^ Of “het vir hom oorwinning verkry”.
^ Of “die oorwinning van”.
^ Of “maak musiek”.
^ Of “Maak musiek”.
^ Of “vrugbare land”.
^ Of “het gekom”.
^ Of “die vrugbare land”.