Sagaria 10:1-12

  • Vra Jehovah, nie valse gode nie, vir reën (1, 2)

  • Jehovah verenig sy volk (3-12)

    • Sleutelpersoon uit huis van Juda (3, 4)

10  “Vra Jehovah vir reën in die tyd van die lentereën. Dit is Jehovah wat die onweerswolke maak,wat reën gee aan die mense,+en plante in die veld vir almal.   Want die terafim-beelde* het iets bedriegliks* gesê,en die waarsêers het ’n valse visioen gesien. Hulle praat oor waardelose drome,en hulle probeer tevergeefs om te vertroos. Daarom sal hulle soos skape ronddwaal. Hulle sal ly omdat daar geen herder is nie.   Ek is woedend vir die herders,en ek sal die onderdrukkende leiers* oordeel. Want Jehovah van die leërmagte het sy aandag op sy kudde,+ die huis van Juda, gerig. Hy het hulle soos sy trotse perd in die geveg gemaak.   Uit hom kom die sleutelpersoon,*uit hom kom die ondersteunende heerser,*uit hom kom die boog,uit hom kom elke opsiener,* hulle almal saam.   En hulle sal soos vegters wordwat die modder van die strate in die geveg vertrap. Hulle sal oorlog voer, want Jehovah is met hulle.+ Die perderuiters sal verneder word.+   Ek sal die huis van Juda magtig maak,en ek sal die huis van Josef red.+ Ek sal hulle na hulle land terugbring,want ek sal genade aan hulle betoon.+ En dit sal wees asof ek hulle nooit verwerp het nie,+want ek is Jehovah hulle God, en ek sal hulle antwoord.   Eʹfraim sal soos ’n sterk vegter word,en hulle harte sal vrolik wees asof hulle wyn gedrink het.+ Hulle kinders sal dit sien en bly wees. Hulle harte sal vreugde vind in Jehovah.+   ‘Ek sal vir hulle fluit en hulle bymekaarmaak,want ek sal hulle loskoop,+ en hulle sal baie word,en hulle sal altyd baie wees.   Al verstrooi ek hulle soos saad onder die volke,sal hulle in daardie ver plekke aan my dink. Hulle sal saam met hulle kinders nuwe lewe kry en terugkeer. 10  Ek sal hulle uit Egipte terugbring,en hulle uit Assiʹrië bymekaarmaak.+ Ek sal hulle na die land Giʹlead+ en na die Liʹbanon bring. Daar sal nie genoeg plek vir hulle wees nie.+ 11  Hy sal deur die see trek en dit versteur,en in die see sal hy die golwe neerslaan.+ Al die dieptes van die Nyl sal opdroog. Die trotse Assiʹrië sal verneder word,en die septer van Egipte sal verdwyn.+ 12  Ek, Jehovah, sal hulle verhef,+en hulle sal in my naam wandel,’+ sê Jehovah.”

Voetnote

Of “huisgode; afgode”.
Of “iets bonatuurliks”.
Lett. “die bokramme”.
Lett. “die hoektoring”, beeldspraak wat verwys na ’n belangrike man; ’n leier.
Lett. “die pen”, beeldspraak wat verwys na iemand wat ondersteun; ’n heerser.
Of “taakgewer”.