Sagaria 3:1-10

  • Visioen 4: Hoëpriester se klere vervang (1-10)

    • Satan staan hoëpriester Josua teë (1)

    • “Ek stuur my kneg, die Spruit!” (8)

3  En hy het my die hoëpriester Josua+ gewys, wat voor die engel van Jehovah staan, en Satan+ het aan sy regterkant gestaan om hom teë te staan.  Toe het die engel van Jehovah vir Satan gesê: “Mag Jehovah jou bestraf, o Satan,+ ja, mag Jehovah, wat Jerusalem uitgekies het,+ jou bestraf! Is hierdie man nie ’n brandende stomp wat uit die vuur geruk is nie?”  En Josua het in vuil klere voor die engel gestaan.  Die engel het vir dié wat voor hom staan, gesê: “Trek sy vuil klere uit.” Toe het hy vir hom gesê: “Ek het jou oortreding* van jou weggeneem, en daar sal vir jou pragtige klere* aangetrek word.”+  Ek het gesê: “Laat hulle ’n skoon tulband op sy kop sit.”+ En hulle het die skoon tulband op sy kop gesit en vir hom klere aangetrek. Die engel van Jehovah het daar naby gestaan.  Die engel van Jehovah het toe vir Josua gesê:  “Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: ‘As jy my weë volg en jou verantwoordelikhede teenoor my nakom, dan sal jy as ’n regter in my huis dien+ en na my voorhowe omsien.* Ek sal jou vrye toegang gee, net soos dié wat hier staan.’  “‘Luister asseblief, o hoëpriester Josua, jy en die priesters wat voor jou sit, want hierdie manne dien as ’n teken. Kyk, ek stuur my kneg,+ die Spruit!+  Kyk na die steen wat ek voor Josua neergesit het! Sewe oë is op die een steen.* En ek graveer ’n inskripsie daarop,’ sê Jehovah van die leërmagte, ‘en ek sal die oortreding* van daardie land in een dag wegneem.’+ 10  “‘In daardie dag,’ sê Jehovah van die leërmagte, ‘sal julle mekaar uitnooi om onder julle wingerdstok en onder julle vyeboom te kom sit.’”+

Voetnote

Of “skuld”.
Of “feesklere”.
Of “verantwoordelik wees vir my voorhowe; my voorhowe bewaak”.
Dit beteken moontlik dat sewe oë na die steen kyk.
Of “skuld”.