Sagaria 5:1-11

  • Visioen 6: Vlieënde boekrol (1-4)

  • Visioen 7: Efa-houer (5-11)

    • Vrou met naam Goddeloosheid (8)

    • Houer na Sinear geneem (9-11)

5  Ek het weer opgekyk, en ek het ’n vlieënde boekrol gesien.  Hy het vir my gevra: “Wat sien jy?” Ek het geantwoord: “Ek sien ’n vlieënde boekrol, waarvan die lengte 20 el* en die breedte 10 el is.”  Toe het hy vir my gesê: “Dit is die vloek wat oor die oppervlak van die hele aarde uitgaan, want elkeen wat steel,+ soos op die een kant geskryf staan, het ongestraf gebly. En elkeen wat ’n eed sweer,+ soos op die ander kant geskryf staan, het ongestraf gebly.  ‘Ek het dit uitgestuur,’ sê Jehovah van die leërmagte, ‘en dit sal in die huis van die dief ingaan en in die huis van die een wat in my naam ’n valse eed aflê. En dit sal in daardie huis bly en dit vernietig, saam met sy balke en sy klippe.’”  Toe het die engel wat met my gepraat het, vorentoe gekom en vir my gesê: “Kyk asseblief op, en kyk na wat daar verskyn.”  En ek het gevra: “Wat is dit?” Hy het geantwoord: “Dit is die efa-houer* wat verskyn.” En hy het verder gesê: “Dit is hoe hulle op die hele aarde lyk.”  En ek het gesien dat die ronde looddeksel opgelig word, en ’n vrou het in die houer gesit.  Toe het hy gesê: “Dit is Goddeloosheid.” Daarna het hy haar in die houer teruggedruk en die looddeksel op die opening daarvan gegooi.  Toe het ek opgekyk en twee vrouens sien aankom, en hulle het op die wind gesweef. Hulle het vlerke gehad soos die vlerke van ’n ooievaar. En hulle het die houer tussen die hemel en die aarde opgelig. 10  Toe het ek vir die engel wat met my gepraat het, gevra: “Waarheen neem hulle die houer?” 11  Hy het geantwoord: “Na die land Siʹnear,*+ waar ’n huis vir haar gebou sal word. En wanneer dit klaar is, sal sy daar op haar regte plek neergesit word.”

Voetnote

’n El was gelyk aan 44,5 cm. Sien Aanh. B14.
Lett. “die efa”, wat hier verwys na ’n houer of mandjie wat gebruik is om ’n efa af te meet. ’n Efa was gelyk aan 22 l. Sien Aanh. B14.
D.w.s. Babilonië.