Sagaria 7:1-14

  • Jehovah veroordeel vaste wat nie opreg is nie (1-14)

    • ‘Het julle werklik vir my gevas?’ (5)

    • ‘Behandel mekaar met geregtigheid, lojale liefde en genade’ (9)

7  En in die vierde jaar van koning Darius het Sagariʹa+ die woord van Jehovah ontvang op die vierde dag van die negende maand, dit wil sê die maand Kislef.*  Die inwoners van Bet-El het Sareʹser en Regem-Meleg en sy manne gestuur om Jehovah om genade te smeek  en om vir die priesters van die huis* van Jehovah van die leërmagte en vir die profete te vra: “Moet ek in die vyfde maand+ vas en treur, soos ek al baie jare doen?”  Jehovah van die leërmagte het toe vir my gesê:  “Sê vir die hele volk van die land en vir die priesters: ‘Toe julle 70 jaar lank+ in die vyfde maand en in die sewende maand+ gevas en getreur het, het julle dit werklik vir my gedoen?  En toe julle geëet en gedrink het, het julle nie vir julleself geëet en vir julleself gedrink nie?  Moet julle nie die woorde gehoorsaam wat Jehovah deur middel van die vroeëre profete verkondig het nie,+ terwyl Jerusalem en die omliggende stede bewoon was en vrede geniet het, en terwyl die Negeb en die Sjefeʹla nog bewoon was?’”  Jehovah het weer met Sagariʹa gepraat en gesê:  “Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: ‘Oordeel met ware geregtigheid,+ en behandel mekaar met lojale liefde+ en genade. 10  Moenie die weduwee of die weeskind,*+ die uitlander+ of die arme+ uitbuit nie. Moenie in julle harte slegte planne teen mekaar beraam nie.’+ 11  Maar hulle het bly weier om aandag te skenk,+ en hulle was hardkoppig+ en hulle wou nie luister nie.+ 12  Hulle het hulle hart so hard soos ’n diamant* gemaak.+ En hulle wou nie gehoorsaam wees aan die wet* en die woorde wat Jehovah van die leërmagte deur sy gees deur middel van die vroeëre profete gestuur het nie.+ Daarom het Jehovah van die leërmagte woedend geword.”+ 13  “‘Net soos hulle nie geluister het toe ek geroep het nie,+ so het ek nie geluister toe hulle geroep het nie,’+ sê Jehovah van die leërmagte. 14  ‘En ek het hulle met ’n stormwind onder al die nasies verstrooi wat hulle nie geken het nie.+ Die land was verlate agter hulle en niemand het daardeur getrek of daarheen teruggekom nie.+ Want hulle het die begeerlike land iets skokkends laat word.’”

Voetnote

Of “tempel”.
Lett. “vaderlose seun”.
Of moontlik “’n harde steen”, soos ’n amarilsteen.
Of “onderrigting”.