Sefanja 1:1-18
1 Dít is die woord van Jehovah aan Sefanʹja,* die seun van Kusi, die seun van Gedalʹja, die seun van Amarʹja, die seun van Hiskiʹa, in die dae van Josiʹa,+ die seun van Amon,+ die koning van Juda:
2 “Ek sal alles wat op die oppervlak van die aarde is, heeltemal wegvee,” sê Jehovah.+
3 “Ek sal mense en diere wegvee.
Ek sal die voëls van die hemel en die visse van die see+en die struikelblokke*+ saam met die goddeloses wegvee.
Ek sal die mensdom van die oppervlak van die aarde af verwyder,” sê Jehovah.
4 “Ek sal my hand teen Judaen teen al die inwoners van Jerusalem uitsteek.
Ek sal elke spoor van Baäl uit hierdie plek uitroei,+die naam van die priesters van vreemde gode asook die ander priesters,+
5 en dié wat op die dakke neerbuig voor die leërmag van die hemel,+en dié wat neerbuig en sweer dat hulle lojaal sal bly aan Jehovah+terwyl hulle ook sweer dat hulle lojaal sal bly aan Malkam,+
6 en dié wat ophou om Jehovah te volg+en wat Jehovah nie soek of hom raadpleeg nie.”+
7 Wees stil voor die Soewereine Heer Jehovah, want die dag van Jehovah is naby.+
Jehovah het ’n offerande voorberei. Hy het dié wat hy genooi het, geheilig.
8 “Op die dag van Jehovah se offerande sal ek die leiers straf,asook die seuns van die koning+ en almal wat uitlandse klere dra.
9 Ek sal almal straf wat op daardie dag op die platform* klim,sowel as dié wat hulle meester se huis met geweld en bedrog vul.
10 Op daardie dag,” sê Jehovah,“sal daar die geluid wees van ’n geskree van die Vispoort+ af,en ’n gehuil van die tweede stadsdeel+ af,en ’n groot geraas van die heuwels af.
11 Huil, julle inwoners van Maktes,*want al die handelaars is doodgemaak.*
Almal wat silwer afweeg, is vernietig.
12 In daardie tyd sal ek Jerusalem deeglik deursoek met lampe,en ek sal die mense straf wat in hulle selftevredenheid lewe,* wat in hulle hart sê:
‘Jehovah sal nie goed doen nie, en hy sal nie sleg doen nie.’+
13 Hulle rykdom sal van hulle af weggeneem word, en hulle huise sal verwoes word.+
Hulle sal huise bou, maar hulle sal nie daarin woon nie,en hulle sal wingerde plant, maar hulle sal nie die wyn daarvan drink nie.+
14 Die groot dag van Jehovah is naby!+
Dit is naby en kom baie vinnig nader!+
Die geluid van die dag van Jehovah is bitter.+
Daar roep ’n vegter hard uit.+
15 Daardie dag is ’n dag van woede,+’n dag van nood en angs,+’n dag van storms en verwoesting,’n dag van duisternis en hartseer,+’n dag van wolke en dik donkerheid,+
16 ’n dag van die horing en van die oorlogskreet,+teen die versterkte stede en teen die hoë hoektorings.+
17 Ek sal die mensdom laat ly,en hulle sal soos blindes rondloop,+want hulle het teen Jehovah gesondig.+
Hulle bloed sal soos stof uitgegooi word,en hulle vlees* soos mis.+
18 Nie hulle silwer of hulle goud sal hulle in die dag van Jehovah se woede kan red nie,+want deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde verteer word.+
Dit sal ’n verskriklike dag wees, want hy sal al die inwoners van die aarde vernietig.”+
Voetnote
^ Beteken “Jehovah het verberg (weggebêre)”.
^ Blykbaar voorwerpe of bedrywighede wat met afgodediens verband hou.
^ Of “podium; drumpel”. Moontlik die platform van die koning se troon.
^ Lett. “stilgemaak”.
^ Blykbaar ’n deel van Jerusalem naby die Vispoort.
^ Lett. “wat op hulle afsaksel stol”, soos in ’n wynvat.
^ Lett. “ingewande”.