Sefanja 3:1-20

  • Jerusalem, opstandige en korrupte stad (1-7)

  • Oordeel en herstel (8-20)

    • Verandering na suiwer taal (9)

    • Nederige en behoeftige volk sal gered word (12)

    • Jehovah sal bly wees oor Sion (17)

3  Dit sal sleg gaan met die opstandige, die besoedelde, die onderdrukkende stad!+   Sy het na geen stem geluister nie.+ Sy het geen dissipline aanvaar nie.+ Sy het nie op Jehovah vertrou nie.+ Sy het nie nader aan haar God gekom nie.+   Haar leiers is brullende leeus.+ Haar regters is wolwe in die nag. Hulle los nie eers ’n been tot die oggend toe om aan te kou nie.   Haar profete is arrogante, bedrieglike manne.+ Haar priesters ontheilig wat heilig is.+ Hulle het die wet verbreek.+   Jehovah is regverdig in die stad.+ Hy doen niks wat verkeerd is nie. Oggend ná oggend maak hy sy oordele bekend,+net so seker soos die daglig kom. Maar die onregverdige ken geen skaamte nie.+   “Ek het nasies vernietig. Hulle hoektorings is verlate. Ek het hulle strate verwoes, en daarom is niemand daarop gevind nie. Hulle stede is verwoes, en daar is geen mens, geen inwoner, meer nie.+   Ek het gesê: ‘Jy sal my sekerlik vrees en dissipline* aanvaar,’+sodat haar woonplek nie vernietig sal word nie+– ek moet haar vir al hierdie dinge straf.* Maar hulle was baie gretig om goddeloos op te tree.+   ‘Hou dus aan om my te verwag,’*+ sê Jehovah,‘tot die dag dat ek kom om die besittings te kom neem,*want my regterlike bevel is om nasies te versamel, om koninkryke bymekaar te bring,om my verontwaardiging oor hulle uit te stort, al my brandende woede,+want deur die vuur van my ywer sal die hele aarde verteer word.+   Want dan sal ek die taal van die volke in ’n suiwer taal verander,sodat hulle almal die naam van Jehovah sal aanroepom hom skouer aan skouer te dien.’*+ 10  Uit die streek van die riviere van Etiopiësal dié wat my dringend versoek, die dogter van my verstrooides, vir my ’n offerande bring.+ 11  Op daardie dag sal jy nie verneder wordweens al jou dade waarmee jy teen my in opstand gekom het nie,+want dan sal ek die hoogmoedige grootpraters onder jou verwyder,en jy sal nooit weer hoogmoedig wees op my heilige berg nie.+ 12  Ek sal ’n nederige en beskeie volk in jou laat oorbly,+en hulle sal in die naam van Jehovah beskerming soek. 13  Dié wat in Israel oorbly,+ sal geen onregverdige dade beoefen nie.+ Hulle sal nie ’n leuen vertel nie, en ’n bedrieglike tong sal ook nie in hulle mond gevind word nie. Hulle sal wei en gaan lê, en niemand sal hulle bang maak nie.”+ 14  Roep van vreugde uit, o dogter van Sion! Juig, o Israel!+ Wees vreugdevol en verheug jou met jou hele hart, o dogter van Jerusalem!+ 15  Jehovah het die oordele teen jou verwyder.+ Hy het jou vyand laat wegdraai.+ Die Koning van Israel, Jehovah, is by jou.+ Jy sal nie meer enige rampspoed vrees nie.+ 16  Op daardie dag sal daar vir Jerusalem gesê word: “Moenie bang wees nie, o Sion.+ Moenie jou hande laat slap word nie. 17  Jehovah jou God is by jou.+ As ’n Magtige sal hy red. Hy sal hom met groot vreugde oor jou verheug.+ Hy sal stil* word in sy liefde. Hy sal bly wees oor jou met uitroepe van vreugde. 18  Ek sal dié bymekaarmaak wat treur omdat hulle nie by jou feeste kan wees nie.+ Hulle kon nie by jou wees nie omdat hulle weens haar gespot is.+ 19  Kyk! Op daardie tyd sal ek optree teen almal wat jou onderdruk,+en ek sal die een red wat mank loop,+en ek sal dié wat verstrooi is, bymekaarmaak.+ Ek sal sorg dat hulle geprys en geëer word*in al die lande waar hulle verneder is. 20  In dié tyd sal ek julle inbring,in die tyd wanneer ek julle bymekaarmaak. Want ek sal sorg dat julle geëer* en geprys word+ onder al die volke van die aarde,wanneer ek julle gevangenes voor julle oë laat terugkeer,” sê Jehovah.+

Voetnote

Of “tot verantwoording roep”.
Of “teregwysing”.
Of “om geduldig vir my te wag”.
Of moontlik “opstaan as ’n getuie”.
Of “om hom in eenheid te aanbid”.
Of “gerus; tevrede”.
Lett. “’n naam kry”.
Lett. “’n naam kry”.