Spreuke 17:1-28
17 ’n Stuk droë brood waar daar vrede* is,+is beter as ’n feesmaal in ’n huis* waar daar gestry word.+
2 ’n Kneg wat insig het, sal heers oor ’n seun wat skandelik optree.
Hy sal saam met die broers ’n erfdeel kry.
3 Die smeltpot is vir silwer en die smeltoond vir goud,+maar Jehovah is die Een wat harte ondersoek.+
4 Die goddelose man skenk aandag aan skadelike praatjies,en ’n bedrieglike man luister na ’n gemene tong.+
5 Die een wat ’n arm persoon spot, beledig sy Maker,+en die een wat bly is oor ’n ander se ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.+
6 Kleinkinders is ’n kroon vir oumense,en ouers* is die trots van hulle kinders.*
7 Opregte* woorde pas nie by ’n dwaas nie.+
Nog minder pas leuens by ’n heerser!+
8 ’n Geskenk is soos ’n edelsteen vir die eienaar daarvan.+
Waar hy ook al gaan, bring dit vir hom sukses.+
9 Die een wat ’n oortreding vergewe,* bevorder liefde,+maar die een wat oor ’n oortreding bly praat, dryf goeie vriende uitmekaar.+
10 ’n Teregwysing het ’n groter uitwerking op ’n verstandige persoon+as wat 100 houe op ’n dwaas het.+
11 ’n Slegte mens stel net belang in opstandigheid,maar ’n wrede boodskapper sal gestuur word om hom te straf.+
12 Dit is beter om ’n beer teë te kom wie se kleintjies afgevat isas om ’n dwaas in al sy dwaasheid teë te kom.+
13 As iemand die goeie met die slegte terugbetaal,sal daar altyd rampspoed in sy huis wees.+
14 As ’n stryery begin, is dit asof ’n dam se sluise oopgemaak word.
Gaan dus weg voordat die stryery begin.+
15 Die een wat die goddelose onskuldig verklaar en die een wat die regverdige skuldig verklaar+– hulle albei is vir Jehovah afskuwelik.
16 Wat baat dit dat die dwaas die geleentheid het om wysheid te verkryas hy dit nie wil verkry nie?*+
17 ’n Ware vriend betoon altyd liefde+en is ’n broer gedurende* moeilike tye.+
18 ’n Onverstandige man maak ’n ooreenkoms*
en stem in om borg te staan in die teenwoordigheid van sy naaste.+
19 Die een wat daarvan hou om te stry, hou van oortreding.+
Iemand wat sy ingang hoog maak, soek sy eie ondergang.+
20 Die een wat ’n slegte hart het, sal nie suksesvol wees nie,+en die een wat bedrieglike dinge sê, kom tot ’n val.
21 Die pa van ’n dwase kind sal hartseer ondervind,en die pa van ’n verstandelose kind het geen vreugde nie.+
22 ’n Vreugdevolle hart is soos goeie medisyne,+maar ’n gebroke gees beroof jou van jou krag.*+
23 ’n Goddelose man sal ’n omkoopgeskenk in die geheim aanvaarom die reg te verdraai.+
24 Iemand wat insig het, hou wysheid voor oë,maar die gedagtes* van die dwaas dwaal oral rond.+
25 ’n Dwase seun maak sy pa hartseeren bring trane* vir sy ma.+
26 Dit is nie goed om die regverdige te straf* nie,en dit is nie reg om gerespekteerde mense te slaan nie.
27 ’n Man wat kennis het, hou sy woorde terug,+en ’n man wat insig het, sal kalm bly.+
28 Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is,en wanneer iemand sy mond toehou, kan dit lyk of hy verstandig is.
Voetnote
^ Lett. “as ’n huis vol offerandes”.
^ Of “stilte”.
^ Lett. “pa’s”.
^ Lett. “seuns”.
^ Of “Goeie”.
^ Lett. “bedek”.
^ Of “geen verstand het nie”.
^ Of “is ’n broer wat gebore is vir”.
^ Lett. “skud hand”.
^ Of “droog die gebeente uit”.
^ Lett. “oë”.
^ Lett. “bitterheid”.
^ Of “beboet”.