Spreuke 28:1-28
28 Die goddeloses vlug sonder dat iemand hulle jaag,maar die regverdiges het die moed van ’n leeu.*+
2 Wanneer daar opstand* in die land is, sal daar een leier ná die ander wees,+maar ’n leier sal lank regeer as iemand met insig en kennis hom help.+
3 ’n Arm man wat die hulpeloses uitbuit,+is soos stortreën wat al die kos wegspoel.
4 Dié wat die wet ignoreer, prys die goddelose,maar dié wat die wet gehoorsaam, vererg hulle vir die goddelose.+
5 Slegte mense kan nie verstaan wat reg is nie,maar dié wat Jehovah se hulp vra,* kan alles verstaan.+
6 ’n Arm man wat ’n weg van integriteit* volg,is beter as ’n ryk man wie se weë sleg is.+
7 ’n Verstandige seun gehoorsaam die wet,maar iemand wat met vrate vriende is, steek sy pa in die skande.+
8 Die een wat rykdom verkry deur rente+ en onregverdige wins,maak dit bymekaar vir die een wat goed is vir die armes.+
9 As iemand weier om die wet te gehoorsaam,is selfs sy gebed iets afskuweliks.+
10 Die een wat die getroues mislei om ’n verkeerde pad te volg, sal in sy eie strik trap,+maar dié wat ’n rein lewe lei, sal met goeie dinge beloon word.+
11 ’n Ryk man is wys in sy eie oë,+maar ’n arm man met insig kan dwarsdeur hom sien.+
12 Dit is wonderlik wanneer die regverdiges oorwin,maar wanneer die goddeloses begin regeer, kruip mense weg.+
13 Iemand wat sy oortredings geheim hou, sal nie sukses hê nie,+maar die persoon wat dit bely en ophou daarmee, sal genade ontvang.+
14 Gelukkig is die man wat altyd waaksaam is,*maar die een wat sy hart verhard, sal deur rampspoed getref word.+
15 Soos ’n brullende leeu en ’n beer wat op ’n mens afstorm,so is ’n goddelose heerser wat oor ’n hulpelose volk regeer.+
16 ’n Leier sonder insig misbruik sy mag,+maar die een wat oneerlike wins haat, sal lank lewe.+
17 ’n Man wat vir iemand se dood verantwoordelik is, sal vlug totdat hy in die graf is.+
Niemand moet hom help nie.
18 Die een wat ’n rein lewe lei, sal gered word,+maar die een wat ’n verkeerde weg volg, sal skielik val.+
19 Die een wat sy grond bewerk, sal baie kos hê,maar die een wat nuttelose dinge najaag, sal arm word.+
20 ’n Betroubare man sal baie seëninge kry,+maar die een wat probeer om vinnig ryk te word, sal nie onskuldig bly nie.+
21 Dit is nie goed om partydig te wees nie,+maar iemand sal dalk iets verkeerds doen vir ’n stukkie brood.
22 ’n Gierige* man jaag rykdom na,maar hy besef nie dat armoede hom sal inhaal nie.
23 Die een wat iemand teregwys,+ sal agterna meer waardeer word+as die een wat sy tong gebruik om te vlei.
24 Die een wat van sy pa en ma steel en sê: “Dit is nie verkeerd nie,”+is so goed as ’n misdadiger.+
25 ’n Gierige* persoon veroorsaak onenigheid,maar iemand wat op Jehovah vertrou, sal voorspoedig wees.+
26 Die een wat op sy eie hart vertrou, is dwaas,+maar die een wat wys optree, sal veilig wees.+
27 Iemand wat aan die armes gee, sal niks kortkom nie,+maar baie vervloekinge wag op die een wat die armes ignoreer.
28 Wanneer die goddeloses begin regeer, kruip mense weg,Maar wanneer hulle sterf, word die regverdiges baie.+
Voetnote
^ Of “jong leeu”.
^ Of “oortreding”.
^ Lett. “Jehovah soek”.
^ Of “wat nooit sonder vrees is nie”.
^ Of “Afgunstige (Jaloerse)”.
^ Of moontlik “Hoogmoedige”.