Spreuke 9:1-18

  • Uitnodiging van ware wysheid (1-12)

    • “Deur my sal jou dae baie wees” (11)

  • Uitnodiging van dwase vrou (13-18)

    • “Gesteelde waters is soet” (17)

9  Ware wysheid het sy huis gebou. Hy het sy sewe pilare uitgekap.   Hy het sy vleis voorberei. Hy het sy wyn gemeng,en hy het sy tafel gedek.   Hy het sy slavinne uitgestuur om op die hoogtes van die stad uit te roep:+   “Laat enigiemand wat onervare is, hierheen kom.” Hy sê vir die een wat onverstandig is:   “Kom, eet my brooden drink van die wyn wat ek gemeng het.   Los jou onervarenheid* en bly lewe.+ Gaan vorentoe op die weg van verstandigheid.”+   Die een wat ’n spotter teregwys, bring oneer oor homself,+en enigiemand wat ’n goddelose persoon bestraf, sal seerkry.   Moenie ’n spotter teregwys nie, want hy sal jou haat.+ Gee ’n wyse persoon ’n teregwysing, en hy sal jou liefhê.+   Gee raad aan ’n wyse persoon, en hy sal nog wyser word.+ Leer ’n regverdige, en hy sal meer kennis kry. 10  Vrees vir Jehovah is die begin van wysheid,+en kennis van die Allerheiligste+ lei tot insig. 11  Want deur my sal jou dae baie wees+en sal jare by jou lewe gevoeg word. 12  As jy wys word, is dit tot jou eie voordeel. As jy ’n spotter is, sal jy self die gevolge dra. 13  ’n Dwase vrou is lawaaierig.+ Sy is sonder kennis en weet absoluut niks. 14  Sy sit by die ingang van haar huis,op ’n stoel op die hoogtes van die stad.+ 15  Sy roep na dié wat verbygaan,na dié wat reguit op hulle pad loop: 16  “Laat enigiemand wat onervare is, hierheen kom.” Sy sê vir die een wat onverstandig is:+ 17  “Gesteelde waters is soet,en kos wat in die geheim geëet word, is lekker.”+ 18  Maar hy weet nie dat dié wat magteloos is in die dood, by haar is nie,dat haar gaste in die dieptes van die Graf* is nie.+

Voetnote

Of “die onervarenes”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.