Aan Titus 2:1-15

  • Goeie raad vir jonk en oud (1-15)

    • Verwerp goddeloosheid (12)

    • “Ywerig vir goeie werke” (14)

2  Hou jy egter aan om die dinge te sê wat ooreenstem met die gesonde* lering.+  Laat die ouer mans selfbeheersing hê in hulle gewoontes, ernstig en verstandig* wees, sterk geloof hê, liefde betoon en volhard.  Net so moet die ouer vrouens God deur hulle gedrag eer, nie laster of aan baie wyn verslaaf wees nie en onderrigters wees van wat goed is.  Dan kan hulle die jong vrouens leer* om hulle mans lief te hê, om hulle kinders lief te hê,  om verstandig* en rein* te wees, om by die huis te werk* en om te doen wat goed is, terwyl hulle aan hulle eie mans onderdanig is,+ sodat daar nie van die woord van God sleg gepraat sal word nie.  Hou ook aan om die jonger mans aan te spoor om verstandig* te wees.+  Wees in alles ’n voorbeeld van goeie dade. Leer ander met alle erns wat suiwer is*+  deur gesonde* woorde te gebruik wat nie gekritiseer kan word nie,+ sodat teenstanders skaam kan kry omdat hulle niks negatiefs* van ons kan sê nie.+  Laat slawe in alles aan hulle eienaars onderdanig wees+ en hulle probeer tevrede stel sonder om teë te praat. 10  Hulle moenie van hulle eienaars steel nie,+ maar hulle moet bewys dat hulle heeltemal betroubaar is sodat hulle die leringe van ons Redder, God, in alles kan versier.+ 11  Want die onverdiende goedheid van God is geopenbaar en lei tot redding vir alle soorte mense.+ 12  Dit leer ons om goddeloosheid en wêreldse begeertes te verwerp+ en om met verstandigheid* en regverdigheid en toegewydheid aan God in hierdie wêreld* te lewe.+ 13  Ons doen dit terwyl ons wag op die gelukkige hoop+ en glorieryke openbaring van die groot God en van ons Redder, Jesus Christus. 14  Hy het homself vir ons gegee+ om ons van elke soort wetteloosheid te bevry*+ en vir homself ’n volk te reinig wat sy spesiale besitting is, ywerig vir goeie werke.+ 15  Hou aan om met volle gesag hierdie dinge te sê en om ander aan te spoor* en tereg te wys.+ Laat geen mens ooit op jou neersien nie.

Voetnote

Of “voordelige”.
Of “gesond van verstand”.
Of “tot besinning bring; raad gee”.
Of “gesond van verstand”.
Lett. “kuis”.
Of “om vir hulle huishouding te sorg”.
Of “gesond van verstand”.
Of moontlik “met suiwerheid”.
Of “veragteliks”.
Of “voordelige”.
Of “gesonde verstand”.
Of “stelsel van dinge”. Sien Woordelys.
Lett. “los te koop”.
Of “te vermaan”.