Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Gee eer aan Jehovah

Gee eer aan Jehovah

(Psalm 96:8)

Laai af:

  1. 1. Wie is soos u, o Jehovah –

    hoog op u hemelse troon?

    Wat kan ek ooit aan u t’ruggee

    vir hoe u aan my liefde toon?

    Oral, as ek om my rondkyk,

    sien ek u glorie en krag.

    Hoe’s dit dat u my dan liefhet –

    wie’s ek dat u saam met my stap?

    (REFREIN)

    Jehovah God, hoor hierdie lied van my –

    dis ’n lied van eer aan u.

    U is my God, tot in die ewigheid!

    Ek gee u wat u verdien –

    al die eer gaan net aan u.

  2. 2. Als wat ek is, hoort aan u, Heer.

    U is die vuur in my hart –

    ek sal bly praat oor u goedheid,

    u wonders en gawes en mag.

    Trots dien ek u, o Jehovah –

    geen groter eer kan daar wees!

    U is my krag en my Herder,

    my God vir solank as ek leef.

    (REFREIN)

    Jehovah God, hoor hierdie lied van my –

    dis ’n lied van eer aan u.

    U is my God, tot in die ewigheid!

    Ek gee u wat u verdien –

    al die eer gaan net aan u.

  3. 3. U’t als gemaak, o Jehovah –

    “elke volmaakte geskenk”.

    Als in u skepping verstom my

    en wys my hoe lief u my het.

    Majesteit, krag, prag en wysheid –

    dis wat ek al om my sien.

    Ek wil u eer, dank en prys, Heer,

    want als wat daar is, kom van u!

    (REFREIN)

    Jehovah God, hoor hierdie lied van my –

    dis ’n lied van eer aan u.

    U is my God, tot in die ewigheid!

    Ek gee u wat u verdien –

    al die eer gaan net aan u.