Behoort aan mekaar
Laai af:
1. Wat ook al gebeur, jy’t familie om jou.
God se mense is daar, hul sal jou hand styf vashou,
en by jou bly —
jou liefkry.
Hul’s daar aan jou sy,
sal na aan jou bly.
2. Regoor die wêreld en in elke taal
bring ware aanbidding ons na aan mekaar
om een te word —
’n hegte volk
wat liefde uitstort.
Ons is jou volk.
(REFREIN)
Ons Vader sorg altyd vir ons.
Hy’s naby elkeen.
3. Hoog op die berge of diep in die woud,
op eilande ver of in groot stede so koud,
is daar troos, want jy hoort
aan die nasie van God.
Ja, jy behoort.
(REFREIN)
Ons Vader sorg altyd vir ons.
Hy is naby elkeen.
(OORGANG)
Die wêreld maak ons soms benoud.
Dit druk teen ons, is hard en koud.
So hoe wonderlik is dit dat ons
deel is van God se warm volk.
4. Jesus wou hê dat ons liefde ons bind,
en dis wat miljoene van ons nou ondervind.
En jy’s ook daar —
ons liefde maak ons deel van mekaar.
En jy’s ook daar.
Behoort aan mekaar.