Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die beste lewe ooit

Die beste lewe ooit

Laai af:

  1. 1. Die wêreld wil my eensaam laat voel, maar ek het my maats by my.

    Ons sê vir ander hulle kan ook ewige vriende kry.

    Wanneer ek net aan myself dink, kan dit my onderkry.

    Maar as ek ander help, voel ek geluk diep binne my.

    Diep binne my.

    (REFREIN)

    Wat my die meeste vreugde gee, is om te dien met hart en siel.

    Dit is my doel in die lewe.

    Ek weet dis vir ewig en vir seker. Ek’s mal oor dié gevoel.

    Dit is die beste lewe.

     

  2. 2. Dink net aan als wat ek nog kan doen, als wat ek nog kan bou.

    Ek kan ’n nuwe vriendskap begin tussen my en jou.

    Wanneer ek net aan myself dink, kan dit my onderkry.

    Maar as ek ander help, voel ek geluk diep binne my.

    Diep binne my.

    (REFREIN)

    Wat my die meeste vreugde gee, is om te dien met hart en siel.

    Dit is my doel in die lewe.

    Ek weet dis vir ewig en vir seker, dit voel net soos ’n droom.

    Dit is die beste.

    (OORGANG)

    Niks wat gebeur, sal my keer.

    Die lewe wat ek lei, geniet ek al hoe meer, hoe meer ek leer, hoe meer ek gee.

    (REFREIN)

    Ek het die beste lewe ooit en ware vriende rondom my.

    Ek het geluk; ek het vreugde.

    Ek weet dis vir ewig en vir seker. Kom saam en jy sal sien.

    Dit is die beste lewe.

    Dit is die beste lewe.

    Daar is geen beter lewe.