Ek gee myself aan u
Laai af:
1. In die nag as ek opkyk,
verstom u werke my.
U groot krag en sorg vir elkeen van ons
maak dat my hart u liefkry.
2. Ek gee myself aan u
en vir ewig sal u sien
hoe ek dag ná dag met u bly stap,
en lojaal vir u bly dien.
(REFREIN)
Want u’t my hoop gegee
en ook die krag
om vir u te kan dien.
U Seun’t vir my gesterf,
dis hoekom ek
my lewe gee aan u.
Ek gee myself aan u.
3. U’t gehelp dat ek u sien
as my Skepper en my Vriend.
Hoe u sag en teer vir ons sorg en leer,
maak my hart vir u so lief.
(REFREIN)
Want u’t my hoop gegee
en ook die krag
om vir u te kan dien.
U Seun’t vir my gesterf,
dis hoekom ek
my lewe gee aan u.
Ek gee myself aan u.
(REFREIN)
Want u’t my hoop gegee
en ook die krag
om vir u te kan dien.
U Seun’t vir my gesterf,
dis hoekom ek
my lewe gee aan u.
Ek gee myself aan u.