Jehovah is altyd aan ons sy
Laai af:
1. Daar was soms in my hart
onsekerheid, druk en angs.
Maar toe ek getrou bly,
kon ek sien God’s lief vir my.
Want hy’t deur als by my gestaan,
my gedra, my sterk gemaak.
My God was altyd daar.
(REFREIN)
Gesien hoe hy
moed gee toe ek voel ek’s swak,
moed gee toe ek nie kon praat,
moed gee in my donkerste tyd,
moed gee om vas te staan,
moed gee om aan te gaan,
moed gee, dat ek getrou kon bly.
Jehovah’s altyd aan my sy.
Hy stap met my
om my te wys
sy weg is altyd reg.
Hy neem my hand,
help dat ek verstaan
dis als die moeite werd.
2. Jy is nie alleen.
Hy sal altyd by jou wees,
so moenie vrees.
Ons God sal jou dra
en al voel jy jy’t genoeg gehad,
sal hy jou sterk en wys maak.
(REFREIN)
Ja, hy sal jou
moed gee as jy voel jy’s swak,
moed gee as jy nie kan praat,
moed gee in jou donkerste tyd,
moed gee om vas te staan,
moed gee om aan te gaan,
moed gee, dat jy getrou kan bly.
Jehovah’s altyd aan jou sy –
altyd, altyd.
Jehovah’s altyd aan jou sy.
Hy stap met jou en my
om ons te wys
sy weg is altyd reg.
Jehovah’s altyd aan ons sy.
Hy neem ons hand,
help dat ons verstaan
dis als die moeite werd.
(REFREIN)
Hy sal ons
moed gee, al voel ons swak,
moed gee as ons nie kan praat,
moed gee in ons donkerste tyd,
moed gee om vas te staan,
moed gee om aan te gaan,
moed gee, dat ons getrou kan bly.
Jehovah’s altyd aan ons sy –
altyd, altyd.
Jehovah’s altyd aan ons sy –
altyd, altyd.
Jehovah’s altyd aan ons sy.