Met Jehovah is ons een
Laai af:
1. Die wêreld om ons is koud en verdeeld.
In elke plek is mense hard en wreed.
Daar’s oral angs en vrees oor wat nog kom,
maar God se mense vertrou op hom.
(BRUG)
Ons bly by sy Woord, en ons streef
om geen deel van die wêreld te wees.
(REFREIN)
Ons is ’n nasie wat uit liefde saam
vir almal vertel van sy naam.
Ons voel die liefde wat ons nou deel.
Al is ons so anders,
met Jehovah is ons een.
2. Wêreldwyd is ons deel van mekaar.
So, waar jy ook al gaan, jou familie is daar.
Ja, daar is sorge, maar ook ware hoop.
’n Paradys en vrede, ons wag daarvoor.
(BRUG)
So, ons hou by sy Woord en streef
om geen deel van die wêreld te wees.
(REFREIN)
Ons is ’n nasie wat uit liefde saam
vir almal vertel van sy naam.
Ons voel die liefde wat ons nou deel.
Al is ons so anders,
met Jehovah is ons een.
Ons is een, ja.
(BRUG)
So, wees getrou aan hom, en streef
om geen deel van die wêreld te wees.
(REFREIN)
Ons is ’n nasie wat uit liefde saam
vir almal vertel van sy naam.
Ons voel die liefde wat ons nou deel.
Al is ons so anders,
is ons een.
(REFREIN)
Ons is ’n nasie wat uit liefde saam
vir almal vertel van sy naam.
Ons voel die liefde wat ons nou deel.
Al is ons so anders,
met Jehovah is ons een.