Seëninge as jy oorkom en help
Laai af:
1. As jy dikwels dink dat
jy hul taal wil praat,
en jy in gebede
vra hoe jy hulle kan help,
dan’s jy net wie ons soek om
hier saam met ons te kom dien.
En ons weet as jy oorkom,
sal jy so bly wees jy’s hier.
(REFREIN)
Komaan! Kom oor en help ons,
moenie dat vrese jou keer.
Want as jy hierheen oorkom,
sal Jehovah jou seën, oe.
Kom oor en help ons.
Kom oor en help ons in Masedonië!
2. Ons velddiens is fantasties,
want baie stel nou belang.
Hul liefde vir die waarheid
sal vir jou vreugde bring.
En elke dag sal jy nader
aan Jehovah bly kom,
want jy sal sien hoe help hy
jou om te groei, want jy vertrou op hom.
(REFREIN)
Komaan! Kom oor en help ons,
moenie dat vrese jou keer.
Want as jy hierheen oorkom,
sal jy nooit kan vergeet
hoe jy kon help en deel word
van als wat hier gebeur, oe.
(REFREIN)
Komaan! Kom oor en help ons,
Jehovah sal vir jou seën, oe.
Kom oor en help ons.
Kom oor en help ons.
Komaan! Kom oor en help ons in Masedonië!