Vergewe mekaar
Laai af:
1. Jy wil altyd help en ondersteun.
Ek waardeer jou vriendskap en jou liefde.
Maar ongelukkig is ons onvolmaak.
Ons maak mekaar soms seer en kwaad.
Woorde steek soms soos ’n swaard.
(REFREIN)
Laat ons vergewe en vergeet.
Voor die son verdwyn, laat ons probeer
om probleme reg te stel
en vrede te maak.
Altyd sal jy my suster bly.
2. Om saam te werk kan baie moeilik raak
wanneer iemand jou met woorde seermaak.
Maar kyk net na sy liefde en geloof.
Dan sal ons liefde ons beweeg
om met vreugde te vergeef.
(REFREIN)
Laat ons vergewe en vergeet.
Voor die son verdwyn, laat ons probeer
om probleme reg te stel
en vrede te maak.
Niks sal ons skei, broers sal ons bly.
(OORGANG)
Ons liefde bind ons saam. Ons weet ons vriendskap sal vir ewig bly bestaan.
Kom ons vergeef, en laat ons vergeet.
Dis hoe ware vriendskap moet wees.
(REFREIN)
Laat ons vergewe en vergeet.
Voor die son verdwyn, laat ons probeer
om probleme reg te stel
en vrede te maak.
Liefde oorwin deur dik en dun.
Diep uit die hart vergewe ons met vreugde.