Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Verlief op jou

Verlief op jou

Laai af:

  1. 1. Ons harte klop al lank saam as een.

    Dis ’n geskenk, God het ons geseën

    met die gawe om verlief te raak

    en om deel te kan word van mekaar.

    (REFREIN)

    Ons liefde sal groei, want Jehovah’s naby.

    En deur als sal hy

    ons twee lei.

    Ons geloof in hom maak ons ’n ‘driedubbel tou’.

    Ek’s so bly dat ek diep uit my hart

    verlief is op jou,

    my kosbare vrou.

  2. 2. Donker dae sal kom,

    maar ons liefde sal al sterker word.

    As ons bou aan hierdie band wat ons het,

    weet ons niks of niemand sal dit kan breek.

    Nee, nee, nee niks nie.

    (REFREIN)

    Ons liefde sal groei, want Jehovah’s naby.

    En deur als sal hy

    ons twee lei.

    Ons geloof in hom maak ons ’n ‘driedubbel tou’.

    Ek’s so bly dat ek diep uit my hart

    verlief is op jou,

    my kosbare vrou.

    (OORGANG)

    Niks kan tussen ons twee kom,

    want hierdie liefde is ’n seën van ons God.

    My liefde vir jou ‘is sterk net soos die dood’.

    Jy’s die ‘goeie vrou’ wat God beskryf in sy Woord.

    Jy is ‘been van my been’, jy is “vlees van my vlees”.

    Ek sal altyd lojaal aan jou wees.

  3. 3. Ek sing hierdie lied net vir jou,

    want my hart is dankbaar jy is my vrou.

    En ek wil hê jy moet weet hoe ek voel

    en dat ek elke woord in die lied bedoel.

    Ja, elke woord.

    (REFREIN)

    Ons liefde sal groei, want Jehovah’s naby.

    En deur als sal hy

    ons altyd lei.

    Ons geloof in hom maak ons ’n ‘driedubbel tou’.

    Ek’s so bly dat ek diep uit my hart

    verlief is op jou,

    my liewe vrou.

    Ek’s so bly dat ek diep uit my hart

    verlief is op jou.