Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 113

Die vrede wat ons besit

Die vrede wat ons besit

(Johannes 14:27)

  1. 1. Loof die God wat vrede gee,

    oorloë neem hy weg.

    Wapens sal nie meer bestaan,

    hy stel sake reg.

    Deur sy Seun se heerskappy

    bring hy dit tot stand.

    Vrede sal vir ewig duur,

    ja, in elke land.

  2. 2. Ons gebruik nie woorde wat

    vrede kan versteur.

    Spies en swaard besit ons nie,

    wapens lê ons neer.

    As ons vrede wil bewaar,

    moet ons bly vergeef.

    Liefde sal ons openbaar

    en in vrede leef.

  3. 3. God se volk geniet sy seën;

    ander kan dit sien.

    Dit kan hul beweeg om hom

    saam met ons te dien.

    Daarom streef ons vrede na,

    soos sy Woord ons leer,

    totdat God se Koninkryk

    wêreldwyd regeer.