Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 144

Hou jou oë op die prys!

Hou jou oë op die prys!

(2 Korintiërs 4:​18)

  1. 1. Wanneer blinde oë herstel sal wees;

    en die dowe ore is genees,

    wanneer kinders ook met vreugde sing

    en ware vrede blydskap bring,

    wanneer ons geliefdes weer sal leef

    op ’n aarde waar geen dood sal wees —

    (REFREIN)

    Alles sal jy sien, wees nou net wys,

    en hou net jou oë op die prys.

  2. 2. Wanneer wolf en lam tesame wei,

    wanneer beer en kalf in vrede bly,

    sal ’n seuntjie hierdie diere lei;

    hul sal nie meer die mens vermy.

    Wanneer trane nie meer daar sal wees,

    is ons ook ontslae van pyn en vrees —

    (REFREIN)

    Alles sal jy sien, wees nou net wys,

    en hou net jou oë op die prys.