Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 155

Vir ewig ons vreugde

Vir ewig ons vreugde

(Psalm 16:11)

  1. 1. Die sterre in die hemele,

    die land, lug en see –

    uit liefde’t u dit als gemaak

    en vir ons gegee.

    U hande het als wat bestaan

    met sorg gevorm en u’t als

    met vreugde gemaak.

    (REFREIN)

    Daar is vreugde in u skepping,

    in die boodskap van ons redding,

    en die Paradys wat kom.

    Maar ons grootste gawe sal wees,

    dat u ons vir ewig liefhet.

    Vir so lank as wat ons leef,

    sal u ons vreugde wees.

  2. 2. Jehovah, u’t gesorg dat ons

    gelukkig sou wees –

    dat wat ons voel en sien en hoor

    ons vreugde sou gee.

    U’t ons en als perfek gemaak,

    want u wou hê dat elke hart

    vol vreugde moet wees.

    (REFREIN)

    Daar is vreugde in u skepping,

    in die boodskap van ons redding,

    en die Paradys wat kom.

    Maar ons grootste gawe sal wees,

    dat u ons vir ewig liefhet.

    Vir so lank as wat ons leef,

    sal u ons vreugde wees.

    (OORGANG)

    Ons vreugde is net moontlik,

    want u’t u seun gegee.

    Hy’t ons gekoop sodat ons hoop

    ’n lewe van vreugde kan wees.

    (REFREIN)

    Daar is vreugde in u skepping,

    in die boodskap van ons redding,

    en die Paradys wat kom.

    Maar ons grootste gawe sal wees,

    dat u ons vir ewig liefhet.

    Vir so lank as wat ons leef,

    sal u ons vreugde wees.

    (REFREIN)

    Daar is vreugde in u skepping,

    in die boodskap van ons redding,

    en die Paradys wat kom.

    Maar ons grootste gawe sal wees,

    dat u ons vir ewig liefhet.

    Vir so lank as wat ons leef,

    sal u ons vreugde wees.