Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 23

Jehovah begin regeer

Jehovah begin regeer

(Openbaring 11:15)

  1. 1. Loof God en dien hom met vrees.

    Ons weet dat sy Koning heers.

    Christus regeer, hy’s deur God aangestel.

    Juig nou en sing nou tesaam.

    Loof God, verheerlik sy naam.

    Ons wil die wêreld

    van die Koninkryk vertel.

    (REFREIN)

    Wat bring die Koninkryk ons spoedig?

    Waarheid en reg sal triomfeer.

    Wat bring die Koninkryk ons verder?

    Lewe, geluk en baie meer.

    Loof die Soewerein, Jehovah,

    want sy Koninkryk regeer.

  2. 2. Christus het groot mag gekry,

    Gods Oordeelsdag is naby.

    Satan se stelsel word gou weggevee.

    Nou is die tyd om te preek,

    gaan uit, bereik elke streek.

    Help dié wat luister

    om te wandel in Gods weë.

    (REFREIN)

    Wat bring die Koninkryk ons spoedig?

    Waarheid en reg sal triomfeer.

    Wat bring die Koninkryk ons verder?

    Lewe, geluk en baie meer.

    Loof die Soewerein, Jehovah,

    want sy Koninkryk regeer.

  3. 3. Jesus sit reeds op die troon.

    Hy is as Koning gekroon.

    Hy kom in Gods naam; ons buig voor hom neer.

    Gods tempelpoort staan nou oop;

    ons het ’n lewende hoop.

    Gou kom die dag

    dat God se Seun oor als regeer.

    (REFREIN)

    Wat bring die Koninkryk ons spoedig?

    Waarheid en reg sal triomfeer.

    Wat bring die Koninkryk ons verder?

    Lewe, geluk en baie meer.

    Loof die Soewerein, Jehovah,

    want sy Koninkryk regeer.