Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 39

Maak ’n goeie naam by God

Maak ’n goeie naam by God

(Prediker 7:1)

  1. 1. As God se knegte is dit ons lewenstaak

    om by Jehovah ’n goeie naam te maak.

    As ons aanhoudend stry om God se guns te kry,

    sal ons Jehovah se hart verbly.

  2. 2. In hierdie wêreld soek mense roem en eer,

    status en aansien is wat hul hart begeer.

    Maar dit is als verniet, want wat die wêreld bied,

    bring nie Gods guns nie, maar net verdriet.

  3. 3. In Gods gedenkboek, daar moet ons naam nou bly;

    dan sal ons eendag die ewig’ lewe kry.

    As ons op hom vertrou, in hom geloof opbou,

    sal ons ’n naam maak wat hy onthou.