LIED 45
Die bepeinsing van my hart
-
1. Mag elk’ bepeinsing van my hart,
my denke deur die hele dag,
vir u aanneemlik wees, o God;
mag dit my lei in rein gedrag.
As sorge my bedruk laat voel,
my slaap laat wegvlug in die nag,
mag ek dan oor u peins, o Heer,
en oor wat u regverdig ag.
-
2. As ek bedink wat lieflik is,
lofwaardig, eerbaar, goed en waar,
dan sal die vrede wat God gee,
my hart en denkvermoë bewaar.
Ontelbaar u gedagtes, Heer,
hoe kosbaar is hul tog vir my!
Mag ek u woorde bly bepeins
dat ek daarin verdiep kan bly.
(Sien ook Ps. 49:3; 63:6; 139:17, 23; Fil. 4:7, 8; 1 Tim. 4:15.)