Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 95

Die lig word helderder

Die lig word helderder

(Spreuke 4:18)

  1. 1. Profete wou weet wie die Christus sou wees,

    want hoop sou hy bring vir die skepping.

    Gods gees het getoon dat Messias sou kom

    en dat dit sou lei tot ons redding.

    Die tyd het gekom, die Messias regeer,

    ons het al die tekens ontvang.

    Hoe groot is ons voorreg om hiervan te weet;

    hierin stel selfs die eng’le belang!

    (REFREIN)

    Ons pad word voortdurend verhelder;

    ons wandel in stralende lig.

    Kyk net wat ons God openbaar maak;

    hy bly al ons voetstappe rig.

  2. 2. Ons Heer bly ons tydig van voedsel voorsien,

    sy slaaf gee ons kosbare leiding.

    Die lig van die waarheid bly helderder skyn,

    verlig ons en bring so bevryding.

    Ons voetstappe seker; ons paaie gelyk;

    sy Woord is ’n lamp vir ons voet.

    Ons dank onse Vader, die Gewer van lig,

    en ons volg ook sy weg soos ons moet.

    (REFREIN)

    Ons pad word voortdurend verhelder;

    ons wandel in stralende lig.

    Kyk net wat ons God openbaar maak;

    hy bly al ons voetstappe rig.