Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Lied 137

Gee ons vrymoedigheid, Heer

Gee ons vrymoedigheid, Heer

Laai af:

(Handelinge 4:29)

  1. Van u Koninkryk getuig ons,

    Ons verkondig u groot naam.

    Daar is baie wat ons teëstaan,

    Teen ons planne bly beraam.

    Maar ons wil nie mense vrees;

    Op al u wette wil ons let.

    Vir u gees smeek ons dus aanhoudend;

    O Jehovah, hoor ons gebed.

    (REFREIN)

    Gee vrymoedigheid aan ons, Heer,

    Sodat ons nie moed verloor.

    Maak ons vreesloos, vol vertroue—

    Almal moet die boodskap hoor.

    Armageddon lê vir ons voor;

    Daar is min tyd vir mense oor.

    Gee vrymoedigheid aan ons, Heer.

    Dis ons gebed.

  2. Soms is ons vol vrees en angstig,

    Ons is stof, dit weet u goed.

    U beloof u sal ons bystaan;

    Dit gee ons geloof en moed.

    As vervolgers ons dan dreig,

    Sal ons vrymoedig van u spreek.

    Met u hulp sal ons altyd voortgaan

    Om getrou in u naam te preek.

    (REFREIN)

    Gee vrymoedigheid aan ons, Heer,

    Sodat ons nie moed verloor.

    Maak ons vreesloos, vol vertroue—

    Almal moet die boodskap hoor.

    Armageddon lê vir ons voor;

    Daar is min tyd vir mense oor.

    Gee vrymoedigheid aan ons, Heer.

    Dis ons gebed