Lied 152
U gee ons hoop en krag
Laai af:
-
O Jehovah, u gee ons ’n hoop,
’n hoop wat ons waardeer.
Ons wil hierdie hoop verkondig
en ander daarvan leer.
Maar soms raak ons sorge net te veel,
sukkel ons om moed te hou.
En ons hoop wat eens so sterk was,
kan skielik weer verflou.
(REFREIN)
U gee hoop, u gee krag,
ons vertrou op u.
As ons swak is, staan u ons by.
Danksy u kan ons preek
met vrymoedigheid,
want daagliks is u aan ons sy.
-
O Jehovah God, ons vra u hulp,
want ons wil nooit vergeet
Dat u ons vertroos en bystaan,
van al ons sorge weet.
Dié gedagte maak ons hoop weer sterk,
gee ons moed om voort te gaan.
En met nuwe krag en ywer
verkondig ons u naam.
(REFREIN)
U gee hoop, u gee krag,
ons vertrou op u.
As ons swak is, staan u ons by.
Danksy u kan ons preek
met vrymoedigheid,
want daagliks is u aan ons sy.
(Sien ook Ps. 72:13, 14; Spr. 3:5, 6, 26; Jer. 17:7.)