Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Lied 154

Ons sal volhard

Ons sal volhard

Laai af:

(Matteus 24:⁠13)

  1. Hoe kan ons volhard

    en net soos Jesus moedig bly?

    Volg sy voorbeeld na,

    hy het hom in sy hoop verbly.

    Sy toekoms was seker,

    niks kon hom onderkry.

    (REFREIN)

    Volharding is noodsaaklik.

    Geloof moet ons behou.

    Al weet ons dis nie maklik,

    volhard ons tot die einde toe getrou.

  2. Met verloop van tyd

    sal ons dalk pyn en angs ervaar.

    Beter tye kom,

    al kry ons nou dalk baie swaar.

    Geen lyding, geen trane​—⁠

    sien jy jouself reeds daar?

    (REFREIN)

    Volharding is noodsaaklik.

    Geloof moet ons behou.

    Al weet ons dis nie maklik,

    volhard ons tot die einde toe getrou.

  3. Ons hou goeie moed,

    behou ’n positiewe gees.

    Ons dien God getrou,

    sy dag sal binnekort hier wees.

    Ons sal dus volhard en

    nooit twyfel en nooit vrees.

    (REFREIN)

    Volharding is noodsaaklik.

    Geloof moet ons behou.

    Al weet ons dis nie maklik,

    volhard ons tot die einde toe getrou.