Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die twaalf apostels – Ken jy hulle?

Die twaalf apostels – Ken jy hulle?

Laai af:

  1. 1. Toe Jesus hier op aarde was, was twaalf mans lief vir hom.

    Hulle was sy vriende wat ons apostels noem.

    Hul’t gesien hoe Jesus mense help en wonderwerke doen.

    Sal ons gou saam probeer om al twaalf op te noem?

    (REFREIN)

    Daar was Petrus, Jakobus, Johannes, Andreas,

    Filippus, Tomas, Judas, Matteus,

    die ander Jakobus, Simon en Taddeus.

    Daar was Bartolomeus ook.

  2. 2. Hulle’t saam gegaan waar ook al Jesus preek.

    Hulle’t altyd mooi geluister na wat hy leer.

    Maar toe het een sleg geword en iets vreesliks gedoen.

    Sal ons nou weer probeer om al twaalf op te noem?

    (REFREIN)

    Daar was Petrus, Jakobus, Johannes, Andreas,

    Filippus, Tomas, Judas, Matteus,

    die ander Jakobus, Simon en Taddeus.

    Daar is nog een – daar was Bartolomeus ook.