Ek’s lief vir skoonmaak!
Laai af:
1. Ek’s baie lief vir skoonmaak,
want dit maak my God bly.
So ek pak my speelgoed weg, sit goed t’rug op hulle plek.
Ek’s baie lief vir skoonmaak,
want dit maak God lief vir my!
2. Ek’s baie lief vir skoonmaak,
want só maak ek God bly.
So als om my, waar ek woon, trek ek reg en was ek skoon.
Ek’s baie lief vir skoonmaak,
want dit maak God lief vir my!
3. Ek’s baie lief vir skoonmaak –
dit maak God trots op my.
So om als mooi skoon te kry, maak my hartjie, o, so bly!
Ek’s baie lief vir skoonmaak,
want dit maak God lief vir my!