Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Maak Jehovah trots op jou

Maak Jehovah trots op jou

Laai af:

  1. 1. Jy’t God lief en jy wil doen wat reg is,

    maar soms wens jy jy kon verdwyn.

    Want almal dink jy’s weird en anders,

    want as jy God dien, staan jy uit.

    (BRUG)

    Maar dit maak God trots op jou –

    jy’s vir hom nes goud!

    (REFREIN)

    Ja, jy’s soos goud – jy staan uit,

    want jy blink en skyn vir die waarheid.

    So jy staan uit en dit maak ons God bly.

    Jy’s soos blink goud,

    en Jehovah’s trots op jou!

  2. 2. Moenie skaam of bang wees nie, wees dapper,

    want God hou jou hand altyd vas.

    Al staan jy somtyds uit, dink God jy’s pragtig,

    want jy staan vas aan sy kant.

    (BRUG)

    Hy’s trots op jou –

    jy’s vir hom nes goud!

    (REFREIN)

    Ja, jy’s soos goud – jy staan uit,

    want jy blink en skyn vir die waarheid.

    So jy staan uit en dit maak ons God bly.

    Jy’s soos blink goud,

    en Jehovah’s trots op jou!