Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wees getrou

Wees getrou

Laai af:

  1. 1. My ouers het my baie lief en sorg mooi vir my,

    so God wil hê dat ek getrou aan hulle bly.

    So ek sal uit respek, als doen wat hulle sê,

    want dit is wat Jehovah God wil hê.

    (REFREIN)

    Ek sal altyd aan Jehovah

    getrou wees, want ek weet

    dit maak sy hart bly, en ek weet hy

    sal getrou wees aan my.

  2. 2. Jehovah leer my, so ek weet wat is goed en sleg,

    ek maak hom bly as ek doen wat ek weet is reg.

    So as iemand spot of lelik is met my,

    sal ek altyd getrou aan my God bly.

    (REFREIN)

    Ek sal altyd aan Jehovah

    getrou wees, want ek weet

    dit maak sy hart bly, en ek weet hy

    sal getrou wees aan my.

    Ja, hy’s bly en ek weet hy

    sal getrou wees aan my.