Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Yan Zabolotnyi/stock.adobe.com

HOU AAN WAAK!

Wetteloosheid raak wêreldwyd al hoe meer – Wat sê die Bybel?

Wetteloosheid raak wêreldwyd al hoe meer – Wat sê die Bybel?

 Bendegeweld oorweldig Haïti. Gewelddadige misdade veroorsaak dat mense in Suid-Afrika en Mexiko sowel as ander Latyns-Amerikaanse lande swaarkry. Selfs in plekke waar daar minder geweld as voorheen is, voel mense nog steeds onseker en angstig omdat hulle berigte van diefstal, vandalisme en brandstigting hoor.

 Wat sê die Bybel oor die wetteloosheid wat wêreldwyd plaasvind?

Wat die Bybel oor wetteloosheid voorspel het

 Die Bybel het voorspel dat wetteloosheid deel van die teken van “die einde van die wêreldstelsel” sou wees (Matteus 24:3). Toe Jesus Christus die dinge beskryf het wat deel van hierdie teken sou wees, het hy gesê:

  •   “Omdat daar al hoe meer wetteloosheid sal wees, sal die liefde van die meeste mense afkoel.” – Matteus 24:12.

 Die Bybel het ook voorspel dat mense“in die laaste dae . . . geen selfbeheersing [sal] hê nie. Hulle sal wreed wees en sonder liefde vir wat goed is” (2 Timoteus 3:1-5). Sulke selfsugtige eienskappe dra by tot die wetteloosheid wat ons vandag sien.

 Maar ons het goeie redes om hoop te hê. Die Bybel belowe dat daar binnekort geen wetteloosheid meer sal wees nie.

  •   “Nog net ’n klein rukkie en die goddeloses sal nie meer bestaan nie. Jy sal kyk na die plek waar hulle was, en hulle sal nie daar wees nie. Maar die nederiges sal die aarde besit, en hulle sal groot vreugde vind in die oorvloed van vrede.” – Psalm 37:10, 11.

 Vind meer uit oor die Bybel se boodskap van hoop en hoekom ons oortuig kan wees dat die dinge wat ons vandag sien gebeur, die vervulling van Bybelprofesieë is. Kyk na die volgende artikels.

 ’n Ware hoop vir ’n beter toekoms

 Wat is die teken van ‘die laaste dae’, of ‘die eindtyd’?

 Het die Bybel voorspel hoe mense vandag sou dink en optree?