Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

HOU AAN WAAK!

Ses miljoen het gesterf as gevolg van COVID – Wat sê die Bybel?

Ses miljoen het gesterf as gevolg van COVID – Wat sê die Bybel?

 Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het daar 6,27 miljoen mense tot en met 23 Mei 2022 gesterf as gevolg van COVID-19. Maar in ’n nuusberig wat op 5 Mei 2022 uitgegee is, het die WGO geskat dat die getal mense wat gesterf het, eintlik baie meer is. Dit het gesê dat gedurende 2020 en 2021 “die sterftesyfer wat direk of indirek met die COVID-19-pandemie verband gehou het . . . omtrent 14,9 miljoen is”. Sê die Bybel enige iets oor sulke tragiese gebeure?

Die Bybel het dodelike pandemies voorspel

  •    Jesus het voorspel dat daar “vreeslike siektes” sou wees gedurende die tydperk wat “die laaste dae” genoem word. – Lukas 21:11; 2 Timoteus 3:1.

 Jesus se profesie word vandag waar. Om meer uit te vind, lees die artikel “Wat is die teken van ‘die laaste dae’, of ‘die eindtyd’?

Die Bybel kan ons vertroos

  •    “Die God van alle vertroosting . . . vertroos ons wanneer ons deur moeilike tye gaan.” – 2 Korintiërs 1:3, 4.

 Baie mense wat ’n geliefde aan die dood verloor het, is deur die Bybel se boodskap vertroos. Vind meer uit in die artikels “Hoe om die hartseer te hanteer — Wat jy vandag kan doen” en “Die beste hulp vir dié wat treur”.

Die Bybel wys wat die permanente oplossing is

  •    “Laat u Koninkryk kom. Laat u wil plaasvind op die aarde, net soos in die hemel.” – Matteus 6:10.

 Binnekort sal “die Koninkryk van God” seker maak dat “geen inwoner sal sê: ‘Ek is siek’ nie” (Markus 1:14, 15; Jesaja 33:24). Kyk na die video Wat is God se Koninkryk? om meer te leer oor hierdie hemelse regering en wat dit sal doen.

 Ons nooi jou om meer uit te vind oor wat die Bybel sê sodat jy en jou gesin gehelp kan word deur die Bybel se wyse raad en opwindende beloftes.