Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Pawel Gluza/500Px Plus/Getty Images

HOU AAN WAAK!

Dierelewe neem in 50 jaar met 73 persent af – Wat sê die Bybel?

Dierelewe neem in 50 jaar met 73 persent af – Wat sê die Bybel?

 Op 9 Oktober 2024 het die Wêreld-natuurfonds ’n ontstellende verslag vrygestel oor die uitwerking wat menslike bedrywighede op dierelewe het. Dit het gewys dat “die gemiddelde grootte van dierebevolkings wat gemonitor word, oor die afgelope 50 jaar (1970-2020) met 73% afgeneem het”. Die verslag het gewaarsku: “Ons kan sonder twyfel sê dat die toekoms van lewe op aarde bepaal sal word deur wat binne die volgende vyf jaar gebeur.”

 Dit maak sin dat baie mense deur sulke verslae geskok is. Ons is lief vir ons pragtige planeet en haat dit om te sien hoe sy dierelewe swaarkry. Ons voel so omdat God ons gemaak het om vir die diere te sorg. – Genesis 1:27, 28; Spreuke 12:10.

 So, jy wonder dalk: ‘Sal ons die aarde se dierelewe kan beskerm? Wat sê die Bybel?’

’n Hoop vir die toekoms

 Maak nie saak hoe hard ons probeer om die diere te red nie, dit is net God wat hulle regtig kan beskerm. Die Bybel voorspel, volgens Openbaring 11:18, dat God “die vernietigers van die aarde [sal] vernietig”. Uit hierdie vers leer ons twee dinge:

  1.  1. God sal keer dat mense die aarde heeltemal vernietig.

  2.  2. God sal binnekort optree. Hoe weet ons dit? Omdat daar vandag meer as ooit tevore ’n groter kans is dat mense die diere sal vernietig.

 Wat sal God doen om hierdie probleem op te los? Hy sal sy hemelse regering, of Koninkryk, gebruik om oor die hele aarde te regeer (Matteus 6:10). Hierdie regering sal gehoorsame mense die opvoeding en opleiding gee wat hulle nodig sal hê om vir die aarde se dierelewe te sorg en dit te beskerm. – Jesaja 11:9.