Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

mustafahacalaki/DigitalVision Vectors via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Kunsmatige intelligensie – Sal dit ons help of benadeel? – Wat sê die Bybel?

Kunsmatige intelligensie – Sal dit ons help of benadeel? – Wat sê die Bybel?

 Wêreldleiers, wetenskaplikes en tegnoloë het onlangs gepraat oor die krag van kunsmatige intelligensie (AI). Hulle erken dat dit waarde het, maar hulle is ook bekommerd dat dit verkeerd gebruik kan word.

  •   “AI is vandag een van die kragtigste tegnologieë met die potensiaal om mense se lewens te verbeter . . . Terselfdertyd het AI die potensiaal om ons minder veilig te laat voel, om van ons basiese menseregte en privaatheid weg te neem en om dit moeilik te maak om in demokrasie te vertrou.” – Kamala Harris, visepresident van die Verenigde State, 4 Mei 2023.

  •   “Hoewel kunsmatige intelligensie (AI) gesondheidsorg op party maniere kan verbeter, kan dit ook ons fisiese en emosionele gesondheid op ander maniere benadeel”, het ’n internasionale groep dokters en gesondheidsorgdeskundiges geskryf wat gelei word deur dr. Frederik Federspiel in ’n artikel wat op 9 Mei 2023 gepubliseer is in BMJ Global Health. a

  •   “Mense kan alreeds AI gebruik om valse inligting te versprei. Binnekort kan AI mense se werk bedreig. Party mense wat in tegnologie werk, is baie bekommerd dat AI in die toekoms die mensdom kan bedreig.” – The New York Times, 1 Mei 2023.

 Met verloop van tyd sal dit duidelik word of mense AI tot hulle voordeel of tot hulle nadeel sal gebruik. Wat sê die Bybel?

Hoekom mense se pogings onsekerheid veroorsaak

 Die Bybel wys hoekom die mens nie kan waarborg dat hulle tegnologiese vooruitgang net tot die mens se voordeel gebruik sal word nie.

  1.  1. Selfs wanneer mense goeie bedoelings het, verwag hulle dalk nie dat hulle dade negatiewe gevolge sal hê nie.

    •   “Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk, maar op die ou end lei dit na die dood.” – Spreuke 14:12.

  2.  2. ’n Persoon het geen beheer oor hoe ander sy werk sal gebruik – of misbruik – nie.

    •   “Ek moet [my werk] agterlaat vir die mens wat ná my kom. En wie weet of hy wys of dwaas sal wees? Tog sal hy beheer oorneem oor al die dinge wat ek met groot moeite en wysheid onder die son verkry het.” – Prediker 2:18, 19.

 Sulke onsekerheid beklemtoon hoekom ons leiding van ons Skepper nodig het.

Op wie kan ons vertrou?

 Ons Skepper belowe dat hy nooit sal toelaat dat mense of enige tegnologie wat mense ontwikkel, die aarde of die mens sal vernietig nie.

  •   “Die aarde bestaan vir ewig.” – Prediker 1:4.

  •   “Die regverdiges sal die aarde besit, en hulle sal vir ewig daarop lewe.” – Psalm 37:29.

 Deur middel van die Bybel gee ons Skepper vir ons leiding sodat ons ’n vreedsame en veilige toekoms kan hê. Om meer uit te vind oor wat die Bybel sê, lees die artikels “Is daar ’n betroubare gids wat jou kan help om ’n beter toekoms te hê?” en “’n Ware hoop vir ’n beter toekoms”.

a Uit die artikel “Threats by Artificial Intelligence to Human Health and Human Existence”, geskryf deur Frederik Federspiel, Ruth Mitchell, Asha Asokan, Carlos Umana en David McCoy.