Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Rui Almeida Fotografia/Moment via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Politieke geweld – Wat sê die Bybel?

Politieke geweld – Wat sê die Bybel?

 ’n Vlaag van politieke geweld vind regoor die wêreld plaas.

  •   In Mexiko het die sluipmoord op 39 politieke kandidate, wat meer as ooit tevore is, saam met ander vorme van politieke geweld mense geskok en hulle aandag afgelei van die verkiesingstydperk vir 2023-2024.

  •   In Europa was daar onlangs baie gevalle van politieke geweld. Dit sluit die sluipmoordpoging in op 15 Mei 2024 op die eerste minister van Slowakye.

  •   Mense in die Verenigde State is geskok deur die sluipmoordpoging op 13 Julie 2024 op voormalige president Donald Trump.

 Hoekom is daar so baie politieke geweld? Sal dit ooit ophou? Wat sê die Bybel?

Politieke verdeeldheid is voorspel

 Die Bybel het voorspel dat baie mense in ons dag, wat as “die laaste dae” beskryf word, gesindhede sal hê wat geweld en meningsverskille sou veroorsaak.

  •   “In die laaste dae [sal daar] swaar tye . . . wees wat moeilik is om deur te kom. Want mense sal . . . ondankbaar en dislojaal wees, . . . nie bereid wees om tot enigiets in te stem nie, . . . wreed wees, . . . verraaiers wees, hardkoppig, opgeblase van trots.” – 2 Timoteus 3:1-4.

 Die Bybel het voorspel dat oproere soos opstande en politieke onrus algemeen gedurende hierdie tyd sou wees (Lukas 21:9). Maar politieke geweld en verdeeldheid sal nie vir ewig aanhou nie.

Die einde van politieke geweld

 Die Bybel sê dat God alle menseregerings met sy eie hemelse regering sal vervang.

  •   “Die God van die hemel [sal] ’n koninkryk oprig wat . . . al daardie [ander] koninkryke [sal] vernietig en ’n einde aan hulle [sal] maak, en dit alleen sal vir ewig bestaan.” – Daniël 2:44.

 God se Koninkryk sal mense werklik verenig en wêreldwyd vrede bring.

  •   Die Heerser van God se Koninkryk, Jesus Christus, word die “Prins van Vrede” genoem, en hy sal seker maak dat daar “geen einde aan vrede [sal] wees nie”. – Jesaja 9:6, 7.

  •   Selfs nou leer dié waaroor hierdie Koninkryk regeer, hoe om in vrede te lewe. As gevolg hiervan sê die Bybel: “Hulle sal ploegskare maak van hulle swaarde, en snoeimesse van hulle spiese. Nasie sal nie teen nasie die swaard opneem nie, en hulle sal ook nie meer leer om oorlog te voer nie.” – Jesaja 2:3, 4.

 Om meer uit te vind, lees die artikel “Wat sal God se Koninkryk tot stand bring?” en kyk na die video Wat is God se Koninkryk?