Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Thai Liang Lim/E+ via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Is sosiale media besig om jou kind skade aan te doen? – Hoe die Bybel ouers kan help

Is sosiale media besig om jou kind skade aan te doen? – Hoe die Bybel ouers kan help

 “Die verstandelike gesondheidskrisis onder jongmense is ’n noodgeval – en ons het besef dat sosiale media ’n belangrike bydraende faktor is.” – Dr. Vivek Murthy, die Amerikaanse geneesheer-generaal, New York Times, 17 Junie 2024.

 Hoe kan ouers hulle kinders teen die gevare van sosiale media beskerm? Die Bybel gee praktiese raad.

Wat ouers kan doen

 Dink aan die volgende Bybelbeginsels.

 “Die verstandige persoon dink mooi voordat hy iets doen.” – Spreuke 14:15.

 Omdat sosiale media ’n slegte invloed op jou kind kan hê, moet jy nie voel dat jy jou kind moet toelaat om sosiale media te gebruik nie. Voordat jy vir jou kind toestemming gee om sosiale media te gebruik, maak seker dat hy of sy volwasse genoeg is om by die tydsbeperking te bly, goeie vriendskappe te behou en dit te vermy om na ongepaste dinge te kyk.

 “Maak die beste gebruik van julle tyd.” – Efesiërs 5:16.

 As jy jou kind toelaat om sosiale media te gebruik, maak reëls oor hoe hy of sy dit moet gebruik, en verduidelik hoe dit sal help om hom of haar veilig te hou. Wees op die uitkyk vir enige veranderinge in jou kind se optrede wat kan aandui dat jy jou kind se toegang tot sosiale media moet beperk.

Leer meer

 Die Bybel sê dat ons lewe in “swaar tye . . . wat moeilik is om deur te kom” (2 Timoteus 3:1-5). Maar dit gee ons ook praktiese raad wat ons kan help om hierdie dinge te hanteer. ’n Lysie met meer as 20 Bybelgebaseerde artikels vir ouers en hulle kinders kan in hierdie artikel oor verstandelike gesondheidsprobleme onder tieners gevind word.