Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Halfpoint Images/Moment via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Senior gesondheidsamptenaar waarsku dat sosiale media ’n slegte uitwerking op jongmense kan hê – Wat sê die Bybel?

Senior gesondheidsamptenaar waarsku dat sosiale media ’n slegte uitwerking op jongmense kan hê – Wat sê die Bybel?

 Op 23 Mei 2023 het ’n senior gesondheidsamptenaar in die Verenigde State die publiek gewaarsku dat sosiale media ’n slegte uitwerking op baie jongmense het.

  •   “Hoewel sosiale media voordele kan inhou vir party kinders en tieners, is daar ook baie bewyse dat sosiale media die verstandelike en fisiese gesondheid van kinders en tieners erg kan benadeel.” – Social Media and Youth Mental Health: The U.S. Surgeon General’s Advisory, 2023.

 Die verslag het navorsing aangehaal wat verduidelik hoekom mense bekommerd moet wees.

  •   Jongmense tussen die ouderdom van 12 en 15 “wat meer as 3 uur per dag op sosiale media spandeer, is twee keer meer geneig om verstandelike gesondheidsprobleme te ondervind, insluitende simptome soos depressie en angstigheid”.

  •   Wanneer 14-jariges “sosiale media meer gebruik, het hulle dikwels nie genoeg geslaap nie, is hulle aanlyn geboelie, het hulle sleg gevoel oor hoe hulle lyk en het hulle ook waardeloos en depressief gevoel. En dit is meer geneig om met meisies te gebeur as met seuns.”

 Hoe kan ouers hulle kinders teen hierdie gevare beskerm? Die Bybel gee praktiese raad.

Wat ouers kan doen

 Raak betrokke. Ouers, oorweeg die gevare en besluit of jou kind sosiale media moet gebruik of nie.

 As jy jou kind toelaat om sosiale media te gebruik, wees bewus van die moontlike gevare en bly betrokke by jou kind se aanlyn bedrywighede. Hoe?

 Beskerm jou kind teen skadelike inligting. Lei jou kind op om skadelike inligting te identifiseer en te vermy.

 Stel beperkings. Maak byvoorbeeld reëls oor wanneer en vir hoe lank jou kind sosiale media mag gebruik.

  •   Bybelwaarheid: “Hou . . . aan om noukeurig te let op hoe julle julle gedra, dat dit . . .as wyse persone [is], en maak die beste gebruik van julle tyd.”– Efesiërs 5:15, 16.

  •   Gebruik die witbord-tekenprent Werk slim met sosiale netwerke om jou kind te help om te besef hoekom beperkings nodig is.