HOU AAN WAAK!
Skokkende vuurwapengeweld regoor die wêreld – Wat sê die Bybel?
Gedurende Julie 2022 het skokkende voorvalle van vuurwapengeweld regoor die wêreld plaasgevind:
“Die moord van Japan se bekendste politikus [die voormalige eerste minister Shinzo Abe] het die land ontstel en mense regoor die wêreld geskok, veral omdat Japan nie baie geweld het nie en baie streng wette oor vuurwapens het.” – 10 Julie 2022, The Japan Times.
“Die mense van Denemarke is geskok toe ’n gewapende man drie mense by ’n inkopiesentrum in Kopenhagen doodgeskiet het.” – 4 Julie 2022, Reuters.
“Suid-Afrika: 15 dood nadat gewapende mans begin skiet het in ’n kroeg in Soweto.” – 10 Julie 2022, The Guardian.
“Meer as 220 is doodgeskiet in die Verenigde State as gevolg van vuurwapengeweld op die vakansiedae rondom 4 Julie.” – 5 Julie 2022, CBS News.
Het ons enige rede om te glo dat sulke geweld tot ’n einde sal kom? Wat sê die Bybel?
’n Einde aan geweld
Die Bybel beskryf die tyd waarin ons lewe as “die laaste dae”, ’n tyd wanneer mense wreed en onmenslik sou optree (2 Timoteus 3:1, 3). Sulke geweld veroorsaak dat mense in vrees lewe (Lukas 21:11). Maar die Bybel belowe ’n tyd wanneer geweld tot ’n einde sal kom en mense “in ’n vreedsame plek [sal] woon, in veilige plekke waar daar kalmte en rus is” (Jesaja 32:18). Hoe sal geweld tot ’n einde kom?
God sal goddelose mense verwyder en alle wapens vernietig.
“Goddelose mense sal van die aarde af uitgeroei word.” – Spreuke 2:22.
“[God] maak regoor die aarde ’n einde aan oorloë. Hy breek die boog en vernietig die spies. Hy verbrand die militêre waens met vuur.” – Psalm 46:9.
God sal die oorsake van geweld wegneem deur mense te leer om in vrede te lewe.
“Hulle sal niks slegs doen of enige skade aanrig op my hele heilige berg nie, want die aarde sal beslis vol wees van die kennis van Jehovah soos die waters die seebodem bedek.” – Jesaja 11:9.
Selfs nou leer God mense wêreldwyd om geweld en die gebruik van wapens te vermy en om ‘ploegskare van hulle swaarde te maak, en snoeimesse van hulle spiese’. – Miga 4:3.
Om meer uit te vind oor die Bybel se belofte van ’n wêreld sonder vrees, lees die artikel “Vryheid van vrees—Is dit moontlik?”
Om meer uit te vind oor wat die permanente oplossing vir geweld is, lees die artikel “Vrede op aarde—Uiteindelik!”