Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Manuel Reino Berengui/DeFodi Images via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Kan die Wêreldbeker mense regtig verenig? – Wat sê die Bybel?

Kan die Wêreldbeker mense regtig verenig? – Wat sê die Bybel?

 Daar word verwag dat omtrent vyf miljard mense na die FIFA-wêreldbeker gaan kyk wat vanaf 20 November tot 18 Desember 2022 gehou word. Baie mense hoop dat sulke sporttoernooie baie meer kan doen as om mense net verenig te laat voel wanneer hulle na die wedstryde kyk.

  •   “Sport kan die wêreld verander. Dit kan mense inspireer. Dit kan mense op ’n manier verenig soos min ander dinge kan.” – Nelson Mandela, voormalige president van Suid-Afrika.

  •   “Sokker . . . verenig in hoop, dit verenig in vreugde, dit verenig in entoesiasme, dit verenig in liefde, en dit wys mense dat hulle iets in gemeen het.” – Gianni Infantino, president van FIFA. a

 Kan die Wêreldbeker of enige ander sporttoernooi sulke groot doelwitte bereik? Is daar enige hoop dat daar ooit vrede en eenheid sal wees?

Verenig dit regtig mense?

 Hierdie jaar se Wêreldbeker het mense aan meer as net sokker laat dink. Die toernooi het daartoe gelei dat mense praat oor dinge soos maatskaplike en politieke sake wat menseregte, rassisme en ekonomiese ongelykheid insluit.

 Nogtans geniet baie mense dit om na internasionale sporttoernooie soos die Wêreldbeker te kyk. Maar sulke toernooie kan nooit tot blywende eenheid lei nie, maak nie saak hoe graag mense dit wil hê nie. Hierdie toernooie beklemtoon eerder die verdelende gesindhede en gedrag wat volgens die Bybel ’n kenmerk van “die laaste dae” sou wees. – 2 Timoteus 3:1-5.

Ware hoop vir wêreldwye eenheid

 Die Bybel gee ons ware hoop vir eenheid regoor die wêreld. Dit belowe dat alle mense op die aarde verenig sal wees onder ’n hemelse regering wat “die Koninkryk van God” genoem word. – Lukas 4:43; Matteus 6:10.

 Die Koning van daardie Koninkryk, Jesus Christus, sal seker maak dat daar regoor die wêreld vrede sal wees. Die Bybel sê:

  •   “Die regverdige sal . . . floreer, en daar sal ’n oorvloed van vrede wees.” – Psalm 72:7.

  •   “Hy sal die arme red wat om hulp roep . . . Van onderdrukking en van geweld sal hy hulle red.” – Psalm 72:12, 14.

 Jesus se leringe het selfs vandag alreeds miljoene mense in 239 lande verenig. Hulle het geleer om op te hou om ander te haat. Om meer uit te vind, lees die reeks artikels “Hoe om die siklus van haat te breek”.

a Internasionale Sokkerfederasie, die internasionale beheerliggaam vir sokkerverenigings.